Friday, 18 May 2012

GRIEKSE KUNS
Argaïse Periode   

Die patrone op die potte was verantwoordelik vir die term Argaïs. Die temples het meestal uit hout en klip bestaan en die versierings op die temples se mure was gemaak of geverf in klei. Die argaïse beelde stem baie ooreen met die antieke Egeptinare. Kouros was manlik en kore was vroulik. Die kore het meestal klere aan gehad en die kouros was meestal sonder klere. Die volgende aspekte is belangrik:

Þ    Lyk soos Egiptiese beelde.
Þ    Frontale posisie, linkervoet vorentoe.
Þ    Breë hoekige skouers.
Þ    Arms is reguit of teenaan die lyf – vuiste.
Þ    Geen beweging.
Þ    Geometries & blokkig.
Þ    Skouers; torso ; knieë – baie prominent > beklemtoon grieke se belang in anatomie.
Þ    Om die mond is die kenmerkende Argaïse glimlag.
Þ    Hare is pruikagtig.


Klassieke Periode

Dit was die ontstaan van die eerste klip temples. In Griekeland was dit die ontwikkeling van die doriese styl. Hierdie era was vanaf 700 – 500 V.c. , Hierdie was gekenmerk  deur balans en volwassenheid. In Athene was dit die middelpunt van ontwikkeling in die antieke wêreld. Die doriese styl word gebruik in die Parthenon temple. Gestilleerde kenmerke in beeldhoukuns was meer individueel en uniek. Die vroegste groot brons beeld in Griekse kuns was die koetsier van Delphi. Hy was ‘n dekade na die kritics seun gemaak. Dit was ‘n offerhande aan die gode. Die houding van die liggaam  en draperseel vorm ‘n eenheid.

Hellenistiese Periode

Die gebruik van die dariese styl floreer. Beeldhoukuns he took baie in die tyd ontwikkel. Die kuns later van tyd saam met die Oosterse styl gemeng. Die dariese styl word vervang met die korinthiese styl. Die emosionele reaksie is van uiterse belang. Beelde reflekteer deeglikse kennis van die menslike liggaam. Die beeldhoukuns het begin weg beweeg van realisme af en dit word meer dra,maties en emosioneel. Begin in die 3de eeu en eindig in die Christen era. Griekse beeldhouers het meestal klip en marmer gebruik -  hulle doel was om permanente beelde te skep. Baie beelde uit die tydperk kan nie gekoppel word aan ‘n spesifieke beeldhouer of plek nie.

Besoek die volgende link vir prente van Discobolos :

No comments:

Post a Comment