POST
IMPRESSIONISME
Vincent Van Gogh
Hy
was gebore in Groot-Zundert in Holland. Hy was die seun van ‘n predikant.Op die
ouderdom van 16 het hy vir ‘n kunshandelaar in Den Haag gaan werk.Hy het vir
sewe jaar lank in verskillende takke van die besigheid gewerk in stede soos
Brussels en Parys. In Londen het hy ‘n liefdesteleurstelling gehad wat hom
verskriklik onstel het. Hy het toe besluit om teologie te gaan studeer maar het
sy toets gedruip.Daarna het hy ‘n tydelike pos aanvaar as ‘n sendeling vir die
mynwerkers in Borignage,’n
steenkoolmyndistrik in België.Hy is ook beinvloed deur die lyding wat
deur hierdie verarmde mense verduur moes word.Hy het gevolglik die begeerte
gehad om hulle lyding en sy meegevoel op doek uit te beeld. Van Gogh het in
1880 op die ouderdom van 27 begin skilder.Hy het na Holland toe teruggekeur en
het in Den Haag gewoon.En toe later in Nuenen gewoon. In sy vroeë werke gebruik
hy somber kleure en beeld die eentonigheid en kleurloosheid van die mynwerkers
se lewens uit.Op 23 Desember 1888 het ‘n gefrustreerde en siek Van Gogh vir
Gauguin met ‘n skeermeslem gekronfonteer, mar hy het paniekerig geraak, uit die
huis uit gevlug en is na ‘n bordeel toe.
Kenmerke van Van Gogh se werk:
ONDERWERP:
·
Landskappe,portrette,stillewes en interieure
·
Van Gogh het altyd die werklikheid as onderwerp gebruik, maar
hy het sy emosionele reaksie op die onderwerp uitgebeeld.
RUIMTE/DIEPTE:
·
Daar is altyd ‘n gevoel van diepte in sy werk.
·
Hy het gewoonlik groot massas in die middle van sy doek
geplaas.
KLEUR:
·
Van Gogh is bekend vir sy emosionle gebruik van kleur.
·
In sy latere werke
word kleur oorbeklemtoon om sy emosies uit te beeld.
BENADERING TOT SY WERK:
·
Van Gogh was ‘n ekspressionis en sy lewe en kuns vorm ‘n
eenheid.
·
Geen skilder voor hom kon sy innerlike gevoelens op so ‘n
wyse uitbeeld nie.
The Night Café
Hierdie
skildery is geskilder tydens Van Gogh se verblyf in Arles en was in sy eie
woorde “een van die lelikste wat ek nog ooit gedoen het” Dit beeld die
binnekant van ‘n biljartkroeg in die dorpie uit. Met die eerste oogopslag wil
die kyker amper wegkyk, asof hy of sy gebrand is.Volle twee derdes van die
skildery is die vloer van die kafee,uitgebeeld in swaelgeel met oordrewe lyne
van perspektief wat die oog binne in die skildery in trek.
Paul Gauguin
Paul
Gauguin is in Parys gebore. Na ‘n avontuurlik vroeë lewe, insluitend vier jaar
se verblyf in Peru metb sy gesin in ‘n kort loopbaan in die Franse
handelsvloot, het hy ‘n suksesvolle Paryse aandeelmaker geword, en het hy ‘n
gemaklike bourgeoise met sy vrou Mette en hulle vyf kinders gevoer. Nada thy
Pisarron ontmoet het en die Impressioniste se werke gesien het, het hy ‘n
kunsversamelaar en amateurskilder geword.In 1866 het Gauguin na Pont-Avent in
Bretagne gegaan, waar h yonder die invloed van Emile Bernard Impressionisme
verwerp het en die styl waarna hy as Sintetisme verwys het,aangeneem het.
Invloede:
·
Gauguin is in sy vroeë werk deur Impressionisme beinvloed.
·
Gauguin het altyd na eksoties plekke gesoek.
·
Hy het die leefstyl en kuns van nie-Westerse samelewings
verkies.
Kenmerke van van Gauguin se werk:
ONDERWERP:
·
Gauguin het geglo dat die kunstenaar sy geheue moes gebruik
om skeppende werk te maak.
·
Hy het dikwels godsdienstige en spirituele temas gemaak.
RUIMTE/DIEPTE:
·
Gauguin het plat ruimte gebruik wat geskep is deur
verskillende horisontale kleurstroke.
·
Gauguin het ‘n skildery beskou as ‘n plat oppervlak wat met
kleur gevul is sonder om ‘n naturalistiese uitbeelding te prober skep nie.
KLEUR:
·
Gauguin het geglo dat kleur simbolies en verbeeldingryk is.
Geen moddelering is gebruik nie.
·
Sy agtergronde was net so helder soos sy voorgronde.
BENADERING TOT SY WERK:
·
Hy was sterk gekant teen naturalism
·
Gauguin se werke was geheimsinnig en eksoties.
·
Gauguin het ‘n direkte invloed op Fauvisme gehad.
The Day of the god
Hierdie
skildery se tema is afkomstig uit Gauguin se studie en verbeeldingryke
interpretasie van die Polinesiese mitologie. Dit is ‘n eksotiese, onwerklike
toneel wat gedomineer word deur ‘n standbeeld van die god met sy vreemde, geveerde
kopdrag. Sy naam is Taaora en in die
Maori godsdiens was hy die skepper van die wêreld en die hoof
van die gode. Twee vroue in wit neem vir hom geskenke en aan die regterkant
voer twee meisies ‘n rituele dans uit. Aan die linkerkant speel ‘n musikant op
‘n fluitagtige instrument en aan die regterkant is ‘n universele moeder-en-kind
uitbeelding.
Paul Cèzanne
Cèzanne Is in
Aix-en-Provence as die seun van ‘n ryk bankier gebore. In 1861 is hy Parys toe
gestuur om regte te studeer. Binne ‘n kort tydperk het hy sy pa oorreed om hom toe te laat om kuns te studeer. Hy was ‘n
terruggetrokke student wat, terwyl hy op sy eie gewerk het, meer oorspronklike
lyne as die meerderheid student ontwikkel het. Sy vroeë skilderye se toon was
donker, en hy het dikwels gewelddadige of sinister onderwerpe uitgebeeld – ‘n
moord, ‘n dwergagtige skildervriend – of die erotiese en die vreemde.
ONDERWERP:
·
Cèzanne het ‘n beperkte hoeveelheid onderwerpe, soos stillewes, landskappe
en portrette gebruik.
·
Cèzanne het die tradisie van die stillewe hernieu omdat dit hom die
geleentheid gegee het om sy eie voorwerpe vir ‘n gekonsentreerde studie te
rangskik.
BENADERING TOT SY WERK:
·
Hy was geintreseerd in die inderliggende, onveranderde
struktuur.
·
Hy het nooit volgens ‘n formule gewerk nie.
·
Elke skildery was ‘n nuwe uitdaging.
KLEUR:
·
Cèzanne het die selfde helder kleure as die Impressioniste gebruik, maar op
‘n meer gestrukteerde manier.
·
‘n Plat kleurarea is in aparte kleurfasette opgebreek.
·
Skaduwees is ook vorms met soliedheid.
“Met ‘n appel sal ek Parys verower”
Die
stillewe het baie goed by Cèzanne se kunstenaarpersoonlikheid gepas, aangesien dit hom toegelaat het
om elemente teen sy pas voor hom te rangskik om aanklank te vind by sy sin van
kleur en vorm. Alhoewel die komposisie met die eerste oogopslag toevallig
voorkom, is alles met opset so geplaas, soos die mandjie met appels wat deur ‘n
blok opgelig word, die versigtig gerangskikte koeke op ‘n bord wat op ‘n boek
geplaas is, die bottle wat na een kant toe leun en die opgefrommelde tafeldoek
waarop daar appels geplaas is.