Thursday, 18 April 2013


POST IMPRESSIONISME

Vincent Van Gogh

Hy was gebore in Groot-Zundert in Holland. Hy was die seun van ‘n predikant.Op die ouderdom van 16 het hy vir ‘n kunshandelaar in Den Haag gaan werk.Hy het vir sewe jaar lank in verskillende takke van die besigheid gewerk in stede soos Brussels en Parys. In Londen het hy ‘n liefdesteleurstelling gehad wat hom verskriklik onstel het. Hy het toe besluit om teologie te gaan studeer maar het sy toets gedruip.Daarna het hy ‘n tydelike pos aanvaar as ‘n sendeling vir die mynwerkers in Borignage,’n  steenkoolmyndistrik in België.Hy is ook beinvloed deur die lyding wat deur hierdie verarmde mense verduur moes word.Hy het gevolglik die begeerte gehad om hulle lyding en sy meegevoel op doek uit te beeld. Van Gogh het in 1880 op die ouderdom van 27 begin skilder.Hy het na Holland toe teruggekeur en het in Den Haag gewoon.En toe later in Nuenen gewoon. In sy vroeë werke gebruik hy somber kleure en beeld die eentonigheid en kleurloosheid van die mynwerkers se lewens uit.Op 23 Desember 1888 het ‘n gefrustreerde en siek Van Gogh vir Gauguin met ‘n skeermeslem gekronfonteer, mar hy het paniekerig geraak, uit die huis uit gevlug en is na ‘n bordeel toe.
 

Kenmerke van Van Gogh se werk:

ONDERWERP:

·         Landskappe,portrette,stillewes en interieure

·         Van Gogh het altyd die werklikheid as onderwerp gebruik, maar hy het sy emosionele reaksie op die onderwerp uitgebeeld.

RUIMTE/DIEPTE:

·         Daar is altyd ‘n gevoel van diepte in sy werk.

·         Hy het gewoonlik groot massas in die middle van sy doek geplaas.

KLEUR:

·         Van Gogh is bekend vir sy emosionle gebruik van kleur.

·          In sy latere werke word kleur oorbeklemtoon om sy emosies uit te beeld.

BENADERING TOT SY WERK:

·         Van Gogh was ‘n ekspressionis en sy lewe en kuns vorm ‘n eenheid.

·         Geen skilder voor hom kon sy innerlike gevoelens op so ‘n wyse uitbeeld nie.

The Night Café

Hierdie skildery is geskilder tydens Van Gogh se verblyf in Arles en was in sy eie woorde “een van die lelikste wat ek nog ooit gedoen het” Dit beeld die binnekant van ‘n biljartkroeg in die dorpie uit. Met die eerste oogopslag wil die kyker amper wegkyk, asof hy of sy gebrand is.Volle twee derdes van die skildery is die vloer van die kafee,uitgebeeld in swaelgeel met oordrewe lyne van perspektief wat die oog binne in die skildery in trek.

 

Paul Gauguin

Paul Gauguin is in Parys gebore. Na ‘n avontuurlik vroeë lewe, insluitend vier jaar se verblyf in Peru metb sy gesin in ‘n kort loopbaan in die Franse handelsvloot, het hy ‘n suksesvolle Paryse aandeelmaker geword, en het hy ‘n gemaklike bourgeoise met sy vrou Mette en hulle vyf kinders gevoer. Nada thy Pisarron ontmoet het en die Impressioniste se werke gesien het, het hy ‘n kunsversamelaar en amateurskilder geword.In 1866 het Gauguin na Pont-Avent in Bretagne gegaan, waar h yonder die invloed van Emile Bernard Impressionisme verwerp het en die styl waarna hy as Sintetisme verwys het,aangeneem het.
 

Invloede:

·         Gauguin is in sy vroeë werk deur Impressionisme beinvloed.

·         Gauguin het altyd na eksoties plekke gesoek.

·         Hy het die leefstyl en kuns van nie-Westerse samelewings verkies.

 

Kenmerke van van Gauguin se werk:

ONDERWERP:

·         Gauguin het geglo dat die kunstenaar sy geheue moes gebruik om skeppende werk te maak.

·         Hy het dikwels godsdienstige en spirituele temas gemaak.

RUIMTE/DIEPTE:

·         Gauguin het plat ruimte gebruik wat geskep is deur verskillende horisontale kleurstroke.

·         Gauguin het ‘n skildery beskou as ‘n plat oppervlak wat met kleur gevul is sonder om ‘n naturalistiese uitbeelding te prober skep nie.

KLEUR:

·         Gauguin het geglo dat kleur simbolies en verbeeldingryk is. Geen moddelering is gebruik nie.

·         Sy agtergronde was net so helder soos sy voorgronde.

BENADERING TOT SY WERK:

·         Hy was sterk gekant teen naturalism

·         Gauguin se werke was geheimsinnig en eksoties.

·         Gauguin het ‘n direkte invloed op Fauvisme gehad.

 

The Day of the god

Hierdie skildery se tema is afkomstig uit Gauguin se studie en verbeeldingryke interpretasie van die Polinesiese mitologie. Dit is ‘n eksotiese, onwerklike toneel wat gedomineer word deur ‘n standbeeld van die god met sy vreemde, geveerde kopdrag.  Sy naam is Taaora en in die Maori godsdiens was hy die skepper van die wêreld en die hoof van die gode. Twee vroue in wit neem vir hom geskenke en aan die regterkant voer twee meisies ‘n rituele dans uit. Aan die linkerkant speel ‘n musikant op ‘n fluitagtige instrument en aan die regterkant is ‘n universele moeder-en-kind uitbeelding.

 

Paul Cèzanne

Cèzanne Is in Aix-en-Provence as die seun van ‘n ryk bankier gebore. In 1861 is hy Parys toe gestuur om regte te studeer. Binne ‘n kort tydperk het hy sy pa oorreed om  hom toe te laat om kuns te studeer. Hy was ‘n terruggetrokke student wat, terwyl hy op sy eie gewerk het, meer oorspronklike lyne as die meerderheid student ontwikkel het. Sy vroeë skilderye se toon was donker, en hy het dikwels gewelddadige of sinister onderwerpe uitgebeeld – ‘n moord, ‘n dwergagtige skildervriend – of die erotiese en die vreemde.
 

ONDERWERP:

·         Cèzanne het ‘n beperkte hoeveelheid onderwerpe, soos stillewes, landskappe en portrette gebruik.

·         Cèzanne het die tradisie van die stillewe hernieu omdat dit hom die geleentheid gegee het om sy eie voorwerpe vir ‘n gekonsentreerde studie te rangskik.

 

BENADERING TOT SY WERK:

·         Hy was geintreseerd in die inderliggende, onveranderde struktuur.

·         Hy het nooit volgens ‘n formule gewerk nie.

·         Elke skildery was ‘n nuwe uitdaging.

KLEUR:

·         Cèzanne het die selfde helder kleure as die Impressioniste gebruik, maar op ‘n meer gestrukteerde manier.

·         ‘n Plat kleurarea is in aparte kleurfasette opgebreek.

·         Skaduwees is ook vorms met soliedheid.

 

“Met ‘n appel sal ek Parys verower”

Die stillewe het baie goed by Cèzanne se kunstenaarpersoonlikheid gepas, aangesien dit hom toegelaat het om elemente teen sy pas voor hom te rangskik om aanklank te vind by sy sin van kleur en vorm. Alhoewel die komposisie met die eerste oogopslag toevallig voorkom, is alles met opset so geplaas, soos die mandjie met appels wat deur ‘n blok opgelig word, die versigtig gerangskikte koeke op ‘n bord wat op ‘n boek geplaas is, die bottle wat na een kant toe leun en die opgefrommelde tafeldoek waarop daar appels geplaas is.

No comments:

Post a Comment