Thursday, 25 July 2013

DADA
Agtergrond:
Dada en Surrealisme het gedomineer in die tussen die twee wêreldoorloë. Albei het in opstand teen die oorlog gekom en het ook tradisionele waardes van die sameleweing bevraagteken. Hulle het ‘n dramatiese invloed gehad op daaropvolgende kunsbewegings. Tydens die eerste wêreld oorlog het ‘n Duitse skrywer en digter, Hugo Ball, die Cabaret Voltaire in Zurich gestig. Dit was ‘n sentrum vir kunstenaars en skrywers wat ‘n vooruitsig van protes teen die samelewing van hulle tyd gedeel het.
Cabaret Voltaire was ‘n mengsel van ‘n nagklub en ‘n kunsvereniging wat deur Hugo Bell en ander tot stand gebring vir kuns en politieke doeleindes. Tydens die vergaderings is goed soos gedigte gelees en skilderye geskep sonder om beheer te gebruik. Tydens een vergadering het 80 verskillende spreukers op een slag gepraat elkeen oor verskillende onderwerpe.
Invloede:
Dada was ‘n protesbeweging teen die Eerste Wereldoorlog. Miljoene mense is doodgemaak en mense het die menslike bestaan bepeins. Dada het sy oorsprong gehad in die ontnugtering en afgryse van die sinnelose barbaarsheid van die oorlog.
Eienskappe van Dada:
·         Dada was ‘n gemoedstoestand. Die kunstenaars wou ‘n bespotting maak.
·         Dit was ‘n protesbeweging teen die goeie smaak en morele waardes van die middelklas werkende mens.
·         Dada was ‘n opstand teen logika en rede. In hulle minagting vir die bewuste verstand, het hulle begin om die onderbewussyn te verken in musiek en in visuele kunste.

Voorbeelde van kunswerke:
·         Die gebruik van kans-effekte – Hans Arp
·         Die gebruik van Rommel – Kurt Schwitters
·         Fotomontage – John Heartfield
·         Ready Made – Marcel Duchamp
Wie was Hans Arp?
Hy was in 16 September 1886 gebore en sterf op 7 Junie 1966. Hy was ‘n Duits-Franse beeldhouer, skilder, digter en abstrakte kunstenaar wat media gebruik soo geskeurde en geplakte papier. Dada was nie slegs negatief omdat opsetlike irrasionaliteit die kreatiewe siel bevry het en ‘n nuwe manier bekendgestel het om kuns te skep, naamlik die gebruik van toeval. Hans Arp was een van die eerste kunstenaars om die metode van toeval te gebruik. Arp het ‘n tekening warmee hy ongellukig was, opgeskeer en die stukke op die vloer gegooi. Hy het ontdek dat die toevallige patron waarin hulle geval het, ekspressief was en het hulle geplak in die posisie waarin hulle geval het.
Wie was Schwitters?
20 Junie 1887 – 8 Januarie 1948. Hy was ‘n Duitse kunstenaar wat in  Hanover, Duitsland gebore is. Hy het in verskillende soorte medias gewerk soos byvoorbeeld collage. Schwitters het gewys dat kunswerke geskep kan word deur die gebruik van Rommel. Hy het sy werke merz genoem. Hy het hierdie afvalprodukte bv weggegooide geode gebruik en kunswerke geskep. Daar is ooreenkomste met Duchamp maar Schwitters het nie saamgestem metdie anti-kunsneigings van dada nie. In 1923 het hy begin om die eerste van sy Merzbau te skep, ‘n kolomagtige vorm in die middle van ‘n kamer gevul met gevonde voorwerpe in kubisme-agtige grootte wat ‘n installasie gevorm het.
Wie was Marcel Duchamp?
28 Julie 1887 – 2 Oktober 1968. Hy was ‘n Franse kunstenaar wat deur sommige mense beskou word as een van die belangrikste en invloedrykste kunstenaars van die 20ste eeu. Die Franse kunstenaar, Duchamp was ‘n hoogs suksesvolle skilder met sy variasies van verskillende avant-grade style. In 1915 het Duchamp die skulderkuns byna heeltemal gelos toe hy weg is uit Frankryk na Amerika toe. As gevolg van sy afgryse teenoor die heersende orde in kuns het hy tot ‘n logiese afleiding oor sy verwerping van kuns en die betekenisloosheid van die wêreld gekom. Hy bespot tradisionele kusnwaardes deur vervaardigde voorwerpe te kies en dit as kuns te verklaar. Die ready-made is ‘n alledaagse vervaardigde voorwerp wat “kuns’ word as gevolg van die kunstenaar se besluit. Dit is ook anti-kuns omdat dit teen die idée gekant is dat daar harde werk in die kunswerk ingaan. Duchamp het gesê dat die keuse van die onderwerp nie ‘n keuse behoort te wees nie.

Een van Duchamp se grootste werke was ‘n yslike skildery op glas. Hy het dit “the bride bare by her bachelors, even” genome het. Hierdie werk het uit ‘n groot stuk glas bestaan waarop hy geskilder het met olieverf.

Surrealisme
Agtergrond:
Baie Dada-kunstenaars het surrealisties geword. Surrealism onder leiding van Andrè Breton het gevoel dat Dada te absurd en destruktief was. Breton het ‘n behoefte vir meer positiewe aksie gehad. Dit het tot sy eerste surrealistiese manifest in 1924 gelei. Onder sy leierskap wou kunstenaars en skrywers ‘n kunsvorm skep gebaseer op irrasionele toeval in kuns.

Invloede:
·         Hieronymus Bosch
·         Henri Rousseau
·         Henry Fuseli
·         Gorgio de Chirico
Invloede op moderne Sielkunde:
Moderne sielkunde beweer dat rede en logiese gedagtes slegs ‘n suerstruktuur van meslike gedagtes is. Die mens beskik oor ‘n diepte wat die rede nie kan binnedring nie, naamlik die onderbewussyn. Die belangrikheid van die onderbewuste deel van die menslike brein is ontwikkel deur die teoriee en psigo-analise van Sigmund Freud (1856 – 1939). Volgens Freaud is die bewuste deel slegs die spits van die ysberg. Alle menslike aktiwiteite word deur die menslike onderbewussyn beinvloed.
Eienskappe van Surrealisme:
·         Die regeer van die onlogiese, eerder as die logiese.
·         Die verkenning van die onderbewussyn eerder as die bewuste verstand
·         Die belangrikheid van ‘n droomwêreld
·         Die kuns is afkomstig van diem onderbewussyn
·         Freud se opeenvatting dat die mense se seksuele fantasies in droombeelde verskyn
·         Siening van die lewe se gemoedstoestand
Outomatisme:
Outomatisme was die surrealistise se term vir Freeud se tegmiek van vrye assosiasie, wat hy ook gebruik het om die onbewuste gedagtes van sy pasiënte te ontbloot. In hierdie tendens is ‘n nuwe vorm van abstrakte kuns ontwikkel. Die word gekaraktiseer deur organiese, biomorfiese en amoeba-agtige vorms. Die nderbewuste verstand skep in ‘n hipnotiese toestand kleure, lyne en vorms.
Hulle het dikwels spesifieke tegnieke gebruik om die onbewuste gemoed vry te stel.
·         Frottage
·         Dekalkomanie
·         “outomatiese handskrif’
·         Mengsels van olie, water en verf
Wie was Miro?
Hy was ‘n Spaanse surrealisties kunstenaar.. ‘n Kamer met ‘n venster en ‘n tafel word uitgebeeld en hulle behoort min of meer in die alledaagse lewe, maar daarna dit het Miro se verbeelding oorgeneem. Vreemde groepe insekagtige creature wat speel, dans en musiek maak. Een van hulle toon die menslike gesig met ‘n verspotte snor.

Wie was Salvador Dali?
1904 – 1989. Hy was ‘n Spaansgebore skilder. Hy was ‘n baie vaardige tekenaar en was bekend vir sy droom agtige sketse en skilderye. Hy was ook by rolprente, beeldhou en fotografie betrokke. Dali word ook nou vir sy uitspattige en eksentrieke gedrag onthou. Sy uitspattige optrede het meer aandag gekry as sy kunswerke. Salvador Dali het die bekendste surrealistiese kunstenaar geword. Gedeeltelik van sy wilde gedrag.
Een van Dali se bekendste werke was the “the persistence of memory”.
Die skildery was 24 x 33 cm. dali skep ‘n verlate ruimte waarin tyd stilstaan. ‘n Vreemde son wat nooit gaan sak nie, verhelder die landskap. Die klowe in die agtergrond in eintlik afkomstig van ‘n plek in Katalonië waar hy grootgeword het. ‘n Amorfe kreatuur slap op die voorgrond. Dit kan dali se eie gesig wees met lang ooglede wat ingesak lyk.
Wie was Magritte?
Was ‘n Belgiese sureallistiese kunstenaar. Sy werk daag die kyker se persepsies van die werklikheid uit met die diepsinnige beeld.
Sy bekende werk this is not a pipe is ook bekend as treachery of images. Magritte stel presies geskilderde pyp voor. Dit lyk soos ‘n regte pyp maar skryf in frans onderaan dit is nie ‘n pyp nie want natuurlik ia dit nie. Hiermee verken Magritte ‘n verhouding met werklikheid en die geskilderde wêreld.