DADA
Agtergrond:
Dada
en Surrealisme het gedomineer in die tussen die twee wêreldoorloë. Albei het in
opstand teen die oorlog gekom en het ook tradisionele waardes van die
sameleweing bevraagteken. Hulle het ‘n dramatiese invloed gehad op
daaropvolgende kunsbewegings. Tydens die eerste wêreld oorlog het ‘n Duitse
skrywer en digter, Hugo Ball, die Cabaret Voltaire in Zurich gestig. Dit was ‘n
sentrum vir kunstenaars en skrywers wat ‘n vooruitsig van protes teen die
samelewing van hulle tyd gedeel het.
Cabaret
Voltaire was ‘n mengsel van ‘n nagklub en ‘n kunsvereniging wat deur Hugo Bell
en ander tot stand gebring vir kuns en politieke doeleindes. Tydens die
vergaderings is goed soos gedigte gelees en skilderye geskep sonder om beheer
te gebruik. Tydens een vergadering het 80 verskillende spreukers op een slag
gepraat elkeen oor verskillende onderwerpe.
Invloede:
Dada
was ‘n protesbeweging teen die Eerste Wereldoorlog. Miljoene mense is
doodgemaak en mense het die menslike bestaan bepeins. Dada het sy oorsprong
gehad in die ontnugtering en afgryse van die sinnelose barbaarsheid van die
oorlog.
Eienskappe
van Dada:
·
Dada
was ‘n gemoedstoestand. Die kunstenaars wou ‘n bespotting maak.
·
Dit
was ‘n protesbeweging teen die goeie smaak en morele waardes van die middelklas
werkende mens.
·
Dada
was ‘n opstand teen logika en rede. In hulle minagting vir die bewuste
verstand, het hulle begin om die onderbewussyn te verken in musiek en in
visuele kunste.
Voorbeelde
van kunswerke:
·
Die
gebruik van kans-effekte – Hans Arp
·
Die
gebruik van Rommel – Kurt Schwitters
·
Fotomontage
– John Heartfield
·
Ready
Made – Marcel Duchamp
Wie was
Hans Arp?
Hy
was in 16 September 1886 gebore en sterf op 7 Junie 1966. Hy was ‘n
Duits-Franse beeldhouer, skilder, digter en abstrakte kunstenaar wat media
gebruik soo geskeurde en geplakte papier. Dada was nie slegs negatief omdat
opsetlike irrasionaliteit die kreatiewe siel bevry het en ‘n nuwe manier
bekendgestel het om kuns te skep, naamlik die gebruik van toeval. Hans Arp was
een van die eerste kunstenaars om die metode van toeval te gebruik. Arp het ‘n
tekening warmee hy ongellukig was, opgeskeer en die stukke op die vloer gegooi.
Hy het ontdek dat die toevallige patron waarin hulle geval het, ekspressief was
en het hulle geplak in die posisie waarin hulle geval het.
Wie was
Schwitters?
20
Junie 1887 – 8 Januarie 1948. Hy was ‘n Duitse kunstenaar wat in Hanover, Duitsland gebore is. Hy het in
verskillende soorte medias gewerk soos byvoorbeeld collage. Schwitters het
gewys dat kunswerke geskep kan word deur die gebruik van Rommel. Hy het sy
werke merz genoem. Hy het hierdie afvalprodukte bv weggegooide geode gebruik en
kunswerke geskep. Daar is ooreenkomste met Duchamp maar Schwitters het nie
saamgestem metdie anti-kunsneigings van dada nie. In 1923 het hy begin om die
eerste van sy Merzbau te skep, ‘n kolomagtige vorm in die middle van ‘n kamer
gevul met gevonde voorwerpe in kubisme-agtige grootte wat ‘n installasie gevorm
het.
Wie was
Marcel Duchamp?
28
Julie 1887 – 2 Oktober 1968. Hy was ‘n Franse kunstenaar wat deur sommige mense
beskou word as een van die belangrikste en invloedrykste kunstenaars van die
20ste eeu. Die Franse kunstenaar, Duchamp was ‘n hoogs suksesvolle skilder met
sy variasies van verskillende avant-grade style. In 1915 het Duchamp die
skulderkuns byna heeltemal gelos toe hy weg is uit Frankryk na Amerika toe. As
gevolg van sy afgryse teenoor die heersende orde in kuns het hy tot ‘n logiese
afleiding oor sy verwerping van kuns en die betekenisloosheid van die wêreld
gekom. Hy bespot tradisionele kusnwaardes deur vervaardigde voorwerpe te kies
en dit as kuns te verklaar. Die ready-made is ‘n alledaagse vervaardigde
voorwerp wat “kuns’ word as gevolg van die kunstenaar se besluit. Dit is ook
anti-kuns omdat dit teen die idée gekant is dat daar harde werk in die kunswerk
ingaan. Duchamp het gesê dat die keuse van die onderwerp nie ‘n keuse behoort
te wees nie.
Een
van Duchamp se grootste werke was ‘n yslike skildery op glas. Hy het dit “the
bride bare by her bachelors, even” genome het. Hierdie werk het uit ‘n groot
stuk glas bestaan waarop hy geskilder het met olieverf.
Surrealisme
Agtergrond:
Baie
Dada-kunstenaars het surrealisties geword. Surrealism onder leiding van Andrè
Breton het gevoel dat Dada te absurd en destruktief was. Breton het ‘n behoefte
vir meer positiewe aksie gehad. Dit het tot sy eerste surrealistiese manifest
in 1924 gelei. Onder sy leierskap wou kunstenaars en skrywers ‘n kunsvorm skep
gebaseer op irrasionele toeval in kuns.
Invloede:
·
Hieronymus
Bosch
·
Henri
Rousseau
·
Henry
Fuseli
·
Gorgio
de Chirico
Invloede
op moderne Sielkunde:
Moderne
sielkunde beweer dat rede en logiese gedagtes slegs ‘n suerstruktuur van
meslike gedagtes is. Die mens beskik oor ‘n diepte wat die rede nie kan
binnedring nie, naamlik die onderbewussyn. Die belangrikheid van die
onderbewuste deel van die menslike brein is ontwikkel deur die teoriee en
psigo-analise van Sigmund Freud (1856 – 1939). Volgens Freaud is die bewuste
deel slegs die spits van die ysberg. Alle menslike aktiwiteite word deur die
menslike onderbewussyn beinvloed.
Eienskappe
van Surrealisme:
·
Die
regeer van die onlogiese, eerder as die logiese.
·
Die
verkenning van die onderbewussyn eerder as die bewuste verstand
·
Die
belangrikheid van ‘n droomwêreld
·
Die
kuns is afkomstig van diem onderbewussyn
·
Freud
se opeenvatting dat die mense se seksuele fantasies in droombeelde verskyn
·
Siening
van die lewe se gemoedstoestand
Outomatisme:
Outomatisme
was die surrealistise se term vir Freeud se tegmiek van vrye assosiasie, wat hy
ook gebruik het om die onbewuste gedagtes van sy pasiënte te ontbloot. In
hierdie tendens is ‘n nuwe vorm van abstrakte kuns ontwikkel. Die word
gekaraktiseer deur organiese, biomorfiese en amoeba-agtige vorms. Die
nderbewuste verstand skep in ‘n hipnotiese toestand kleure, lyne en vorms.
Hulle
het dikwels spesifieke tegnieke gebruik om die onbewuste gemoed vry te stel.
·
Frottage
·
Dekalkomanie
·
“outomatiese
handskrif’
·
Mengsels van
olie, water en verf
Wie was
Miro?
Hy
was ‘n Spaanse surrealisties kunstenaar.. ‘n Kamer met ‘n venster en ‘n tafel
word uitgebeeld en hulle behoort min of meer in die alledaagse lewe, maar
daarna dit het Miro se verbeelding oorgeneem. Vreemde groepe insekagtige
creature wat speel, dans en musiek maak. Een van hulle toon die menslike gesig
met ‘n verspotte snor.
Wie was
Salvador Dali?
1904
– 1989. Hy was ‘n Spaansgebore skilder. Hy was ‘n baie vaardige tekenaar en was
bekend vir sy droom agtige sketse en skilderye. Hy was ook by rolprente,
beeldhou en fotografie betrokke. Dali word ook nou vir sy uitspattige en
eksentrieke gedrag onthou. Sy uitspattige optrede het meer aandag gekry as sy
kunswerke. Salvador Dali het die bekendste surrealistiese kunstenaar geword.
Gedeeltelik van sy wilde gedrag.
Een
van Dali se bekendste werke was the “the persistence of memory”.
Die
skildery was 24 x 33 cm. dali skep ‘n verlate ruimte waarin tyd stilstaan. ‘n
Vreemde son wat nooit gaan sak nie, verhelder die landskap. Die klowe in die
agtergrond in eintlik afkomstig van ‘n plek in Katalonië waar hy grootgeword
het. ‘n Amorfe kreatuur slap op die voorgrond. Dit kan dali se eie gesig wees
met lang ooglede wat ingesak lyk.
Wie was
Magritte?
Was
‘n Belgiese sureallistiese kunstenaar. Sy werk daag die kyker se persepsies van
die werklikheid uit met die diepsinnige beeld.
Sy
bekende werk this is not a pipe is ook bekend as treachery of images. Magritte
stel presies geskilderde pyp voor. Dit lyk soos ‘n regte pyp maar skryf in
frans onderaan dit is nie ‘n pyp nie want natuurlik ia dit nie. Hiermee verken
Magritte ‘n verhouding met werklikheid en die geskilderde wêreld.
No comments:
Post a Comment