Impresionisme
Invloede Op Impresionisme
· Landskap: Landskapskildery is deur die salon gewoonlik as onbelangrik beskou. Die natuur was nie edel of permanent genoeg nie daarom was dit uitgebuit.
· Wetenskap en Kleur: Daar was nie volgens wetenskaplike reels gewerk nie. Maar hulle moes bewus wees van sommige gewilde wetenskaplike ontdekkings wat in sekere brosjures gepubliseer is. Chevreul, ‘n Franse apteker het die Impresionisme groot beinvloed.
· Rol Van Die Kamero: Daardie vroë glasplaatfotos met hulle wasige effek wanneer bewegende onderwerp of voorwerp afgeneem is,het impresionisme grootliks beinvloed.
· Japanese afdrukke: Teen die 1860’s het Japanese afdrukke wat oorspronklik na Frankryk gestuur is as geskenkpapier vir ingevoerde goedere het die Weste bereik en het daarna ‘n geweldige invloed op kunstrenaars gehad.
Kenmerke
o Temas: Impresionisme het alledaagse tonele uitgebeeld. Hulle het prober uitbeeld wat hulle in hulle daaglikse lewe sien.
o Kleur En Lig: Hulle het verkieslik met natuurlike lig gewerk.Hulle lig het altyd direk uit die natuur gekom.
o Die Vlietende Oomblik: Hulle het die oomblik van die son prober vasvang. Verskillende tye van die dag.
o Kwaswerk: Kort,sigbare gebroke kwashale. Elke kleur is onderskeibaar. Verf is gewoonlik impasto aangewend.
No comments:
Post a Comment